Fisiese Wetenskap (gr 10 - 12) |
![]() Swak prestasie in Fisiese Wetenskap hou in baie gevalle verband met 'n gebrek aan selfvertroue. Wanneer leerders eers begin om swakker te presteer dink hulle spoedig dat hulle "nie Wetenskap kan doen nie". By FUNdation fokus ons op pret en positiewe terugvoer, tesame met materiaal van hoogstaande gehalte wat aanvullend tot die skool werk, en sodoende die leerders se punte help verbeter. Ons werk volgens die sillabus, en doen dus met elke les weer die werk wat die leerders gedurende die week in die skool se Wetenskapklas gedoen het. Die leerders ontvang dan ook aanvullende oefeninge oor die werk. Ons probeer, sover moontlik, leerders van dieselfde graad en skool bymekaar groepeer. Groepe is nie groter as 5-6 leerders per groep nie, en leerders kry dus steeds baie individuele aandag. Dit is wonderlik om te sien hoe leerders weer Wetenskap begin geniet soos wat hul die werk begin verstaan en hul selfvertroue toeneem! |
